• Free Delivery - Ashton to Cape Town
  • Free Delivery - Ashton to Cape Town
  • Free Delivery - Ashton to Cape Town
  • Free Delivery - Ashton to Cape Town

Brochure Download

Brochure

Natamycin Free

 

Ashton Kelder se konsentraat -  nou Natamycin - vry 

Gedurende 2009 het die "Natamycin bom" die Suid Afrikaanse wynbedryf getref en Ashton Kelder het gevind dat lae konsentrasies Natamycin wel in ons konsentraat voorkom. Alle kliënte is onmiddelik in kennis gestel van die stand van sake. Sedertdien is die produk herwerk en is alle soetmos uit die 2010 - oes ingeneem, verwerk en die finale produk is deur die Universiteit van Stellenbosch ontleed vir Natamycin. 

Die konsentraat het "skoon" getoets en ons voorsien reeds weer hierdie produk aan ons kliënte. Ons voorsien u van 'n ontledingsertifikaat vanaf die US vir die spesifieke lot waarvan u neem wat aandui dat die produk Natamycin - vry is. Ashton Kelder is die enige plaaslike vervaardiger van verhelderde druifkonsentraat en produseer ook bruin konsentraat. 

Kontak ons gerus indien u enige verdere inligting of pryse verlang.